Local newsNews
Poskantoorwerker gaan uit sy pad om te help
“’n Jong werknemer van die poskantoor het sy rekenaar na ons motor geneem en op die sypaadjie gaan sit om haar te help. Hy het besef dit is vir haar moeilik om uit die voertuig te klim.”
Dis nie aldag dat ’n mens sulke uitsonderlike diens teëkom nie.

Gideon Scheepers van Modimolle was baie beïndruk nadat hy sy 92-jarige skoonma, Ina Boshoff, poskantoor toe geneem het om sake te doen.
“’n Jong werknemer van die poskantoor, Tlou Kgomo, het sy rekenaar na ons motor geneem en op die sypaadjie gaan sit om haar te help. Hy het besef dit is vir haar moeilik om uit die voertuig te klim,” het Scheepers gesê.
“Hy het regtig baie moeite gedoen om dit vir haar makliker te maak. ’n Mens hoor altyd negatiewe kommentaar oor die poskantoor, maar ek was regtig beïndruk met hoe hulle uit hul pad gegaan het om ons te help,” het hy gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



