Local newsNews
Gaan loer in by kunsgallery in Bela-Bela
Bela-Bela spog dié vakansie met ’n eiesoortige kunsgallery in die hoofstraat waar inwoners en besoekers kan gaan kyk na ’n groot versameling van meer as 60 skilderye deur Suid-Afrikaanse en Namibiese kunsteneaars.

Daar is ook verskeie Afrika-artefakte en ’n groot klipversameling.
Die gallery is in Pieter Wagner Eiendomme se gebou in Chris Haniweg regoor oorkant SuperSpar.
Volgens Wagner, wat van dié kunswerke oor dekades versamel het, kan gaste gedurende kantoorure gratis by die gallery inloer.
Vir navrae bel vir Pieter Wagner by tel. 083 601 2830. Op die foto staan hy by van die kunswerke.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



