GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Die aarde het op Saterdag 8 Desember behoorlik in Bela-Bela gedreun. ’n Unieke fondsinsameling is vir Huis Talje gehou. Die klank-fanatici van die omgewing het hul voertuie met ingeboude klankstelsels byeen gebring en gekyk, of liewer, geluister wie die hoogste desibelsyfer bereik. Die wenners was William Nel (Little Dynamite) wat ’n 157db met sy klankstelsel bereik het. Graeme Alberts (Mamas Boom Box) was tweede met 153db en Johann Storbeck (So So Def) derde met ’n telling van 151,8db. Alberts het gesê die insameling was ’n groot sukses en hulle beoog om nog sulke geleenhtede aan te bied. Op die foto is al die pryswenners na afloop van die byeenkoms.

Support local journalism

Add Die Pos as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button