Local newsNews

Tabakboere ontvang pryse

Vanjaar se Waterberg Tabakprodusente-afsluitingsaand was ’n spoggerige geleentheid.

Hierdie geleentheid is op Vrydag, 2 November by Mashudu Lodge buite Vaalwater aangebied. Tabakprodusente kon terugkyk op ’n jaar se suksesse en beloon word vir buitengewone prestasies.

Daar was drie kategorieë waarin boere kon meeding: 0-30 hektaar, 31-50 hektaar en groter as 51 hektaar. Die produsent van die jaar is ook aangewys.

Volgens Deon Stoltz, senior waardeerder by Tobacco Processors Development (TPD), was die 2018/19-produksiejaar ’n besonder uitdagende een weens die weersomstandighede.

Cobus du Toit, boer en eienaar van Du Berg-boerderye het ’n nuwe Suid-Afri-kaanse rekord opgestel deur 6 000 kg/hektaar te lewer. In die veranderende klimaat is dit ’n merkwaardige prestasie.

Volgens Stoltz is die oesskatting tans op 15 360 ton. Dit word saamgestel deur 11 000 ton oonddroogtabak en 4 060 ton donker lugdroogtabak.

Die wenner in die 0-30 hektaar kategorie was Cobus du Toit van Du Berg-boerdery. In die afdeling vir 31-50 hektaar het Chris van Zyl van DC van Zyl-boerdery met die louere weggestap en in die kategorie 51 en meer hektaar is Thinus Maritz-boerdery as die beste aangewys. Herman Botha, plaasbestuurder, het die welverdiende toekenning ontvang.

Die hoogtepunt van die aand was toe Cobus du Toit van Du Berg-boerdery die produsent van die jaar-toekenning verower het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button