Local newsNews

Kersfees by die werk …

Terwyl die meeste mense Kersfees saam met hul geliefdes rondom die etenstafel kuier en geskenke oopmaak, is daar talle ander wat op dié dag moet werk.

Andries van der Heyde van Die Pos se Bela-Bela-kantoor het met drie veiligheidswagte van die Bela Mall en twee lede van die Makanyane Anti Poaching-eenheid daaroor gaan gesels.

Edmond Raphade is al meer as vyf jaar in die veiligheidsbedryf. “Dit is belangrik om oor Kersfees by die sentrum te wees, want mense moet kan inkopies doen sonder om bang te wees dat hulle slagoffers van misdaad kan word. Ek is daar om toe te sien dat misdaad afneem en op dié manier kan ek vir my familie sorg.”

 

Prince Matsekangope, ’n veiligheidswag by die Bela Mall, sê dit is sy werk om toe te sien dat die inkopiesentrum oor Kersfees veilig is. “Dit is vir my swaar om weg van my eie familie te wees, maar ek hou van my werk. Ek is bly dat ek vir hulle kan sorg, selfs al beteken dit dat ek op Kersdag moet werk.”

 

Paulus Molokomme werk al meer as 10 jaar in die veiligheidsbedryf. “Dit gaan baie swaar wees om oor die feesgety weg van my familie te wees, maar dit bly my werk,” het hy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button