Local newsNews

Die Pos se groot bederf

Die Pos het einde verlede jaar ons Kersete by die pragtige The Shack by Tsekama Wedding Venue naby Tuinplaas gehou. Die dekor was pragtig en die ete wat voorgesit is, uit die boonste rakke.

Herman Steyn, ons hooffotograaf, het die foto’s geneem.

Dié vroue van Die Pos staan gereed om lesers en kliënte vanjaar met vars nuus en goeie diens te bedien. Voor is Alet Erasmus (proefleser) en Anneline du Preez (finansies). Agter is Sue Kotze (proefleser), Petro Greeff (advertensies), Keina Swart (redakteur), Ronel van Jaarsveld (nuus) en Bea Emslie (bestuurder).

 

Deel van die groep dinamiese vroue wat sorg dat daar elke week ’n koerant op straat is, is: Maria Makwela (ontvangs), Kotie Wagner (ontvangs), Maria Oberholzer (advertensies), Joanna Makwela (kantoorwerker) en Izobel van der Walt (ontvangs).

 

Die Pos het ’n vriendelike span wat slaggereed is om vanjaar weer te skitter. Op die foto is Lesley Barnard (advertensies), Dion van Eck (uitlegkantoor), Mzimane Rangane, (The Beat), Melbah Baloyi (kantoordame), Willie Nel (uitlegkantoor), Andries van der Heyde (nuus) en Lizzy Bapela (The Beat).

 

Izobel van der Walt, ontvangsdame van Modimolle, en Herman Steyn, hoof-fotograaf, het hulle verkyk aan The Shack se mooi dekor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button