NewsSchools

Slimkop kry sewe A-simbole

Hy het onderskeidings in Engels, wiskunde, alpha-wiskunde, wetenskap, ingenieursgrafika en ontwerp, lewensoriëntering en inligtingstegnologie behaal.

Sewe onderskeidings in die sak!

Die lang ure wat Gerdo Breytenbach, ’n boorling van Modimolle wat aan die Afrikaanse Hoër Seunskool gematrikuleer het, agter die boeke deurgebring het, het vrugte afgewerp.

Hy het onderskeidings in Engels, wiskunde, alpha-wiskunde, wetenskap, ingenieursgrafika en ontwerp, lewensoriëntering en inligtingstegnologie behaal.

Hy het ’n B-simbool vir Afrikaans gekry.

Hy studeer vanjaar bedryfsingenieurs-wese aan die Universiteit Stellenbosch. Dié vindingryke jong man het ’n selfoonspeletjie “Odreg” geskryf wat beskikbaar is op Playstore om sy studies te help betaal.

Belangstellendes kan na “Odreg” op die selfoontoepassing soek en daarna “Balls-up” aflaai.

Gerdo en Mart-Marie Kotzee, Hoërskool Nylstroom se toppresteerder met ses onderskeidings, is albei kinders van prokureurs in Modimolle.

Gerdo se ouers is Gerhard en Ria Breytenbach en Mart-Marie is die dogter van Anna-Marie Kotzee.

Dié twee slimkoppe is reeds sedert babadae vriende.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Die Pos as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button