
Hugo en Ans de Klerk, Modimolle, skryf:
Ons wil graag ons hartlike dank uitspreek teenoor Gerald van E-Cars.
Hy het uit sy pad gegaan om ons bakkie op 28 Desember te herstel nadat daar ’n ernstige meganiese probleem ondervind is. Ons het terloops genoem dat ons graag oor die nuwejaarsnaweek wou weggaan.
Gerald het op die 30ste geskakel en gesê die voertuig is gereed om die karavaan te haak sodat ons sorgvry verder kon ry.
Sulke merkwaardige diens verdien ’n pluimpie.



