Local sportSport
Kwagga-rugbyklub benodig spelers vir seisoen
Plaaslike rugbyspanne is reeds aan die oefen in aanloop tot die komende rugbyseisoen.
Belangstellendes word genooi om by die Kwagga-rugbyklub in Bela-Bela aan te sluit.
Chris Goosen, afrigter, het aan Die Pos gesê geen reëlings vir die afskop van die liga is bekend gemaak nie, maar belangstellendes en voormalige spelers kan solank by die klub aansluit.
Die klub oefen op Maandae en Donderdae vanaf 18:00 op Hoërskool Warmbad se veld.
Goosen sê hy is vol vertroue dat vanjaar se rugbyseisoen “’n goeie een” sal wees.
Vir navrae oor die klub, bel hom by tel. 079 887 4808.



