Twee mans is op Vrydag 8 Februarie in hegtenis geneem nadat ses leeus op Saterdag 30 Junie 2018 by die Mystic Monkeys & Feathers-wildpark in die Rust de Winter-omgewing vergiftig en hul koppe en pote gestroop is.
Die stropers het net vier van die ses leeus se koppe en pote afgesaag voordat hulle gevlug het, het die polisie destyds gesê.
Die verdagtes, Michael Mudzewire en Collen Janjika was volgens die polisie werknemers van die wildpark.
Die polisie het die oggend ná die stropery ’n bloedbesmeerde broek en skoene in die omgewing van die hok gevind wat moontlik aan die verdagtes behoort het.
Mudzewire en Janjika het op Maandag 11 Februarie in die Bela-Bela-landdroshof verskyn nadat hulle aangekla is van die jag van beskermde diere.
Hulle saak is uitgestel na Woensdag 20 Februarie vir verdere ondersoek.
Hulle is steeds in aanhouding.



