LettersOpinion

Staatmakers steeds in ons midde

Hoewel so ’n voorval altyd traumaties is, was dit die optrede van ’n sakeonderming wat in hierdie geval die aandag verdien.

Marita Lourens, Bela-Bela, skryf:

Ek wil graag my ondervinding deel ná ’n onlangse veiligheidsvoorval by my huis.

Hoewel so ’n voorval altyd traumaties is, was dit die optrede van ’n sakeonderming wat in hierdie geval die aandag verdien. Merelda van Galvin Sekuriteit het onverbeterlike diens gelewer. Sy het na-ure personeel uitgestuur om nuwe hekkontroles te kom herprogrameer, sy was deurlopend met my in kontak en het my gerus gestel. Sy het personeel gehad wat my privaat woning heel aand gemoniteer het.

Sy doen werklik ekstra moeite vir haar kliënte. Baie dankie, Galvin, en in besonder dankie aan Merelda.

Support local journalism

Add Die Pos as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button