Die Warmbad-fotografieklub het hul Februarie-maandvergadering gehou en die wenners van die onderskeie kategorieë is aangewys. Drina van der Merwe is met ’n merietetoekenning in die driesterafdeling bekroon vir haar foto “In die bos”. Die klub vergader elke eerste Dinsdag van die maand om 18:00 by die AP Kerk op die hoek van Katjiepiering- en Huilboslaan in Bela-Bela. Belangstellendes is baie welkom. Vir meer inligting bel vir Gerda de Bruto by tel. 082 563 4725.