Dié twee spelerige wyfiekatjies is by die Kranskop Dierekliniek en is op soek na goeie huise. Hulle is ongeveer twee maande oud en is geleer om ’n sandbak te gebruik. Inwoners wat hulle ’n huis kan aanbied, kan die kliniek skakel by tel. (014) 717 5996.