Hempies du Preez, skoolhoof van Laerskool Nylstroom, by die alombekende Bakkies Botha, gewese Springbokrugbyspeler wat die toernooi geopen het, en Gerda Nel, skoolhoof van Laerskool Eenheid tydens die Koedoe-rugbyweek.
Die tweede Koedoe-rugbyweek is van 7-9 Maart deur Laerskool Nylstroom aangebied. Daar was 10 deelnemende skole en 200 spelers wat aan dié week deelgeneem het. Die kompetisie was sterk en die seuns het hul harte uitgespeel. Herman Steyn van Die Pos was daar en het pragtige foto’s geneem.
Dit lyk behoorlik asof Henru Richards van Laerskool Nylstroom se o.11-span sy teenstaanders in die stof laat byt terwyl hy rieme neerlê doellyn toe. Die span was onoorwonne in die toernooi.
Peet Bothma van Laerskool Nylstroom se o.11-rugbyspan duik hier sierlik oor die doellyn. Die span het hul staal gewys en is aan die einde van die byeenkoms as trofeewenners aangewys.