Local newsNews

Dameskring bied kursus uit die boonste rakke aan

Vroue van die Dameskring in Modimolle het op Saterdag 9 Maart aan die lippe van die gesoute liefdesverhaalskrywer Anna Penzhorn gehang.

Penzhorn is die skrywersnaam van dr. Anni Niewenhuis, ’n inwoner van die dorp en lid van die Dameskring. Sy het op versoek ’n skryfkursus aangebied en vir die vroue ’n duidelike prentjie geskets wat die skryf van ’n boek behels. Die kursusgangers kon nie vir ’n beter leermeester gevra het nie. Niewenhuis het reeds meer as 40 liefdesverhale op haar kerfstok en het in 2000 en 2004 Lapa-uitgewers se liefdesromantoekennings gewen. Sy het voorheen talle ATKV-skryfkursusse aangebied.

Die vroue se skryfdrome het gewissel van kinderverhale vir hul kleinkinders, liefdes- en spanningsverhale en selfs hul eie lewensverhale. Niewenhuis het hulle touwys gemaak oor hoe om hul storielyne te beplan en die leser op die punt van hul stoele te hou.

Vir meer inligting oor die Dameskring, bel vir Alita Rose by tel. 082 552 8049.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button