Sport
Mokerhoue vir klein Stefani
Die plaaslike Strikers- en Lions-krieketspanne van Bela-Bela het op Sondag 10 Maart op Hoërskool Warmbad se veld mekaar uitgedaag om fondse in te samel vir Stefani van Schalkwyk (4).
Sy is kort ná haar geboorte met Congenital Disorder of Glycosylation (GDG) Type IC gediagnoseer.

Haar toestand vereis voortdurende spesiale sorg en fondse wat tydens dié krieketuitdaging ingesamel is, sal deur haar ouers, Theunis en Chantelle, vir haar mediese versorging aangewend word.

Die krieketdag was ’n groot sukses en ’n totaal van R55 000 is ingesamel. Die Strikers-span het die dag met 32 lopies gewen.
Die Pos se fotograaf, Herman Steyn, het al die aksie tydens dié dag op kamera vasgelê.



