LifestylePets

Spoghonde maak naam in Bela-Bela

André Cordier, sakeman van Bela-Bela, het die eerste naweek in Maart saam met sy twee bullmastiffhonde, Honesty Dynasty Cosmo Maxwell en Benjamin Leo, aan ’n bekende hondeskou in die Wes-Kaap deelgeneem en puik presteer.

Honesty Dynasty het op die eerste dag van die kompetisie weggestap met die beste ras-toekenning en ’n kampioensertifikaat ontvang. Benjamin Leo het ’n eerste plek in die afdeling beste klein hond gewen. Hy was ook tweede in die beste ras-afdeling en algeheel tweede in die afdeling beste klein hond.

Honesty Dynasty het op die tweede dag van die kompetisie weer met die louere weggestap as wenner van beste ras-afdeling en was tweede in die werkende groep-afdeling.

Benjamin Leo was weer eerste in die afdeling vir klein honde, derde in die beste ras- en derde in die afdeling vir beste klein -honde.

Cordier se hondetelery, Ikangwa, is by die Kennel-unie van Suid-Afrika (KUSA) geaffilieer.

Hy het gesê hy is hoogs in sy skik met die toekennings.

Support local journalism

Add Die Pos as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button