Local newsNews
Belastingbetalersvereniging dalk enigste oplossing
Ontevrede inwoners, wat raadop is met diensleweringsprobleme, gaan op Dinsdag 26 Maart by die stadsaal in Modimolle bymekaar kom.

Die groep kyk daarna om ’n belastingbetalersvereniging op die been te bring om swak dienslewering en die agteruitgang van dorpe hok te slaan.
Inwoners spreek gereeld skerp kritiek op onder meer sosiale media uit oor sake soos gebrekkige en ongereelde watervoor-siening, slaggate, straatligte wat nie werk nie en rioolprobleme op sosiale media uit.
Die gasspreker vir die aand is Jaap Kelder wat ’n kenner is op dié gebied van belastingbetalersverenigings.
Die groep het inwoners aangemoedig om die vergadering, wat om 18:00 sal plaasvind en sowat ’n uur sal duur, by te woon. Inwoners van Mookgophong en Bela-Bela is ook genooi.
Vir meer inligting skakel tel. 061 713 5801.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



