Local newsNews

Nuuskierigessss bekyk slange

’n Pawiljoen vol nuuskieriges het op Saterdag 23 Maart toegekyk hoe slangkenners van die omgewing met dié interessante reptiele te werk gaan.

Inwoners en vakansiegangers het die geleentheid aangegryp om tydens dié slangvertoning by Laerskool Nylstroom meer oor slange te leer.

Cor Viljoen van African Reptiles and Venom het gewys hoe slange gemelk word en ook verduidelik hoe teengif gemaak word.

Van die kinders het ook die geleentheid gekry om aan die slange te vat terwyl daar aan hulle verduidelik is wat die moets en moenies is wanneer jy op ’n slang afkom. Die span het van die land se giftigste slange gewys waaronder die swart mamba, Kaapse kobra, wipneus-kobra, pofadder, boomslang, Mosambiekse spoegkobra, rinkhals en ook die boskobra.

“Die boskobra het vir so bietjie opwinding gesorg toe hy besluit het om pawiljoen se kant toe te seil, maar die dag het sonder enige probleme verloop,” het slangvanger Theunis Victor gesê.

LD Pienaar het gepraat oor skerpioene en die verskil gewys tussen giftige en niegiftige skerpioene.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button