Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in en om die Waterberg?

Vaalwater spog met ’n nuwe baba. Die Swanepoel-gesin van Vaalwater is verheug oor die geboorte van Rafael op Woensdag 27 Maart in die Steve Biko-hospitaal in Pretoria. Die ouerpaar, Omri en Suné, sê dat Avigayail (3) baie opgewonde is oor dié nuwe boetie Op die foto hou Omri sy nuutgebore Rafael met trots vas.

 

Warmpatat: ’n Goeie begryper het net ’n halwe woord nodig, lui die gesegde. Dié bord wat dienste vir “sheus repair” in Modimolle adverteer, het vir ’n inwoner ’n ligte oomblik besorg.

 

Vaalwater juig ná die welkome reën wat op Maandag 1 April geval het. Inwoners van Vaalwater sê hulle het tot soveel as 65 mm in die dorp gemeet en 82 mm in die omgewing. Dié foto is by Laerskool Vaalwater geneem.

 

Die Cole-gesin van Vaalwater se hans eekhoring is baie geliefd in die huishouding. Dié kostelike troeteldiertjies met die naam Theodore is sowat vyf maande oud. Hy is aanvanklik katmelk met ’n spuitdrupper gevoer. Op 12 weke het hulle hom aan groente, vrugte, neute en beesmelk bekend gestel. Theodore laat die menskinders Alexis (7) en Levi (9) behoorlik bontstaan om aan sy grille te voldoen. Hy wil sy magie elke oggend gevryf hê en is moeilik as sy rus versteur word. Die Cole-gesin sê hy bring baie vreugde en hulle geniet sy manewales. Op die foto klim Theodore uit Levi se T-hemp waar hy snoesig ’n uiltjie geknip het.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button