Local newsNews

Perdeliefhebbers moet seker maak oor inentings

Daar is weer geïsoleerde gevalle van die gevreesde perdesiekte (African Horse Sickness) aangemeld.

Perderuiters, -afrigters en -eienaars is besig met voorbereiding vir die gewilde South African National Equestrian School Association- (SANESA) kompetisie wat vanjaar van 25-28 September by die Kyalami Equestrian Centre in Johannesburg aangebied word.

Perdeafrigters en -eienaars het vanjaar nóg ’n kinkel in die kabel om mee rekening te hou in hul voorbereiding indien hulle nie hul deelname aan die gesogte SANESA-kompetisie in September in gevaar wil stel nie.

Daar is weer geïsoleerde gevalle van die gevreesde perdesiekte (African Horse Sickness) in ons omgewing aangemeld. Perde word jaarliks ingeënt teen dié dodelike siekte. Die perd se immuniteit word onder druk geplaas en die dier kan dus nie teen volle kapasiteit oefen tydens die inentingsperiode (ongeveer ses weke) nie.

Dr. Susannah Herbst, ’n veearts by die Warmbad Dierekliniek en self ’n perdeliefhebber, het vroeër vanjaar aan Die Pos gesê die beste tyd om perde in te ent is tussen Junie en Oktober.

Sy het gesê die siekte word deur bloedsuiende muggies veroorsaak. Haar aanbeveling is dat perdeafrigters en –eienaars op hierdie laat stadium moet let op insekbeheer en die perde se gesond-heid in stand moet hou deur goeie kos en sorg.

Volgens Retha van der Merwe van Vaalwater is die probleem juis dat daar ’n wagtyd van minstens ses weke tussen die AHS I en AHS II- inenting moet wees. Perde mag nie vroeër as 60 dae ná die tweede inenting in die AHS-beheerde-omgewing inbeweeg nie. Die entstof is ontwikkel deur en beskikbaar vanaf Onderstepoort.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button