Volgens die polisie het die ongeluk ongeveer 19:40 sowat 100 m vanaf die bekende Saam-werkwinkel plaasgevind. ’n Man, Hans Motlhoki (30), is deur ’n voertuig getref. Die motorryer het versuim om stil te hou by die ongelukstoneel. Motlhoki het volgens die polisie op die plaas Zandspruit in die omgewing gewerk.
Paramedici is ontbied, maar het Motlhoki op die toneel dood verklaar.
’n Saak van strafbare manslag word ondersoek. Enigeen met inligting kan die Bela-Bela-polisie kontak by tel. (014) 736 9760/1.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



