NewsSchoolsSponsored

Promosie: Die Hoërskool Menlopark is nét die plek om te wees

Die Hoërskool Menlopark in Pretoria is die afgelope 56 jaar sinoniem met voortreflikheid.

Die fyn balans tussen akademie, kultuur en sport gun leerders die kans om te ontwikkel, deel te neem en uit te styg.

Die koshuis is die skool se hartklop en bied ’n tuiste weg van die huis af. Leerders se drome kry vlerke in die gemoedelike gesinsatmosfeer.

Menlopark is trots op uitsonderlike prestasies wat oor die hele spektrum strek: van akademie tot kultuur en sport.

Op akademiese gebied beklee Menlopark een van die topposisies op die ranglys. Die matrieks van 2018 se prestasie in die kernvakkombinasie — wiskunde, fisiese wetenskap, lewenswetenskappe en rekeningkunde — plaas Menlopark onder die topvyf skole in die land.

Op die kultuurfront ding Menlopark nie net met die bestes in die land mee nie, maar met die bestes ter wêreld in koor, redenaars, debat, toneel en revue.

Menlo se wêreldklasgeriewe en topafrigting maak deure oop. In 2019 wen Menlopark die A-bond-interhoër op die atletiekveld en in die swembad. Op die krieketveld is Menlopark die T20-wenners en die rugby Virseker-beker staan in die Menlo-trofeëkas. Die eerste netbalspan en die eerste hokkiespan is die Suid-Afrikaanse skolekampioene. Verder neem Menloparkers met uitsonderlike sukses deel aan fietsry, skaak, perdry, landloop, tennis, muurbal en gholf.

Menlopark is egter ’n skool waar gewone kinders buitengewone dinge bereik.

Kom ervaar ’n tikkie van die Menlo-lewe op Maandag 15 April om 14:29 tydens die skool se opedag.

Besoek gerus @AbsolutMenlo of www.menlopark.co.za vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button