GalleriesSchools galleries

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele uitblinkers.

Dié leerders van Laerskool Nylstroom het op Vrydag 12 April by Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong aan die eerste ronde van die ATKV-redenaars deelgeneem. Die uitslae is nog nie bekend nie. Op die foto is Stefan van Heerden, Kialize Swart, Jaap Stolp en Eben Groothof.

 

Kyra le Roux, hoofmeisie van Laerskool Vaalwater, wys na die groot leer wat ontydig haar sykous ontsier het en dit net voordat sy na die gesogte ATKV-redenaarskompetisie by Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong vertrek het om haar skool te verteenwoordig. Kyra laat haar egter nie van stryk bring nie en het haar sê behoorlik gesê. Die uitslae van dié ronde is nog nie bekend nie.

 

Talentvolle leerders van Bela-Bela het tydens die onlangse Suid-Afrikaanse kampioenskap vir uitvoerende kunste (SACOPA) in Rustenburg uitgeblink. Op die foto is Drikus Claassens (brons toekenning vir kontemporêre musiek en silwer vir World music). Agter staan Chloé Pringle (silwer vir World music), Jessica Carr (deelname), Dean Smit (brons vir Broadway, kontemporêr en gospel; silwer vir kontemporêr en verskeidenheid, asook goud vir country) en Michal Rossouw (brons vir gewyde sang, kontemporêre musiek en verskeidenheid, asook silwer vir World music).

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button