In die ander kragtoer hierdie naweek speel Hoërskool Warmbad in die Super Agt-toernooi. Die Warries se blitsige regtervleuel, Willem Victor, sal geleenthede moet uitbuit en ooplê doellyn toe. Die Warries en Nylies kom later in die seisoen teen mekaar te staan en almal hou die twee spanne se ontwikkeling dié seisoen dop. Foto: Herman Steyn
Hoërskool Nylstroom speel op Saterdag 27 April ’n taai wedstryd teen Hoërskool Tom Naudé op hul tuisveld. Zanthus Croukamp, agtsteman van die Nylies, is ’n man wat sy staal kan wys. Hy het nie net krag nie, maar kombineer dit met vaart en vaardigheid. Hou hom gerus dop. Foto: Herman Steyn