Laerskool Nyl-stroom se o.13A-netbalmeisies het op Donderdag 11 April die span van Laerskool Eugène N. Marais op Mookgophong met 18-4 geklop. Die o.13B-span het hul wedstryd met 27-3 gewen. Die spelers spog met splinternuwe sportklere danksy ’n vrygewige borg.
Laerskool Vaalwater se rugbyspelers het vanjaar ’n ruim borgskap ontvang vir die aankoop van rugby-toerusting vir die skool. Hier staan Leonard Vorster (skoolhoof), Marinus Cloete (onderwyser), André Morgan (borg) en Johan Lochner (departemenstshoof) by van die skool se rugbyspelers wat baie in hul skik is met die nuwe rugbytoerusting.
Laerskool Vaalwater se leerders doen op Dinsdag- en Donderdagoggende fiksheidsoefeninge. Charlene Willemse, studente-onderwyser, het haar knie tydens ’n netbalwedstryd beseer en loop tans met ’n kruk, maar sy is getrou op haar pos by die Valies se fiksheidsoefeninge. Willemse sê sy is baie opgewonde oor vanjaar se netbalseisoen.