Warries en Nylies sê mekaar die stryd op tennisbaan aan
Die groot tenniswedstryde tussen Hoërskool Warmbad en Hoërskool Nylstroom se eerste seuns- en meisiespanne het op Vrydag 26 April op die bane van Forever Resorts in Bela-Bela plaasgevind.
Frances de Jonge van die Warries het gewys dat hierdie wedstryd haar erns is en sy was ’n gedugte teenstander vir die Nylie-opponent met haar kragtige voorhandhoue. Hoërskool Nylstroom se meisies het die dag gewen met ’n telling van 4-2.
Herco Seegers van Hoërskool Nylstroom het baie gou gewys wie het die meeste kishoue in dié tennissakkie. Die Nylies het die Warries se eerste seunspan oortuigend met 6-0 gewen.
Jowine Bezuidenhout van Hoërskool Nylstroom se bokstert het behoorlik gewip in haar enkelswedstryd. Die Nylie-meisies het die Warries met ’n telling van 4-2 gewen.