Local newsNews

Toekomsleiers sê hul sê

Suid-Afrikaners hoop op ’n beter toekoms ná die nasionale verkiesing op Woensdag 8 Mei.

Ander meen weer ’n wegblystem sal hul “stem” aan die landsleiers uitdruk.

Die Pos het met drie leerders van Hoërskool Warmbad gesels wat vanjaar as nuwe kiesers vir die eerste keer hul kruisie gaan trek.

Natasha van der Merwe het gesê die meeste partye belowe baie, maar doen dit soms vir eie gewin. “Want hulle sê een ding en doen later die teenoorgestelde. Dit is algemeen dat gulsigheid om kiesers se steun, politici laat neig om net te wil vat en niks terug te gee nie. Die kieser bly dus aan die verloorkant.”

 

Partye wat modder in die ander se gesig wil gooi en afgunstig is teenoor ander partye is algemeen met elke verkiesing. Desiree de Beer het gesê dit word gedoen omdat die een party altyd probeer beter lyk as die ander. “Dit is ’n moedswillige en goedkoop manier van bemarking.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button