Laerskool Vaalwater is baie trots op hierdie leerders wat gedurende die eerste kwartaal die beste akademiese prestasies in hul onderskeie grade behaal het. Voor is Uhane Mabokwane (gr. 4), AJ Oelofse (gr. 4) en Tato Makgobo (gr. 5). Agter is Kyara Schabbort (gr. 6), Danike le Roux (gr. 5), Kyra le Roux (gr. 7), Letabo Mokgoto (gr. 7) en Piet Mpete (gr. 6).
Deiondré Bodenstein, ’n gr. 6-leerder van Laerskool Vaalwater, het aan Die Pos gesê sy wil baie graag ’n reusekruik vol skatte vir haar ma, Denise, vir Moedersdag gee. “My mamma hou ons bekers vol en ek weet hoe baie tyd sy aan ons vier dogters bestee. Ons wil haar op Moedersdag bederf, want ons het die beste mamma.”