Dié gimnaste van die Warmbad-gimnastiek- en tuimel-
klub het puik presteer tydens die Oltre-gimnastiekkompetisie by die Matsportsentrum in Eldoraigne. Hulle het ook hul vernuf gewys tydens die distrikgimnastiekkompetisie wat deur die Ecarté-gimnastiekklub by Castle de Wildt in Modimolle gehou is. Op die foto voor is Mia Strydom, Silara van der Merwe en Mcka-
yla Vermaak. Agter is Amelia Louw, Pieter van Emmenis en Danieta Beneke. Op die inlas is Megan Holtshauzen.
Die Q4-rolbalspan van Mookgophong was vanjaar die wenners van die besigheidsligatoernooi. Die toernooi is deur die Naboomspruit-rolbalklub gereël en aangebied. Sakeondernemings kon spanne inskryf en op gesellige wyse mekaar die stryd aansê. Op die foto is Jandré Venter, Raymond du Plessis, Annerie Venter en Ruan Venter van die Q4-span.
Hoërskool Nylstroom se eerste netbalspan het op Saterdag 11 Mei teen Hoërskool Frikkie Meyer op die Nylies se tuisveld te staan gekom. Hoewel Frikkie Meyer se span die wedstryd gewen het, het Stefni-Ann Fourie van die Nylies steeds haar bes gegee en was elke bal vir die Nylies ’n moontlike doel. Stefni-Ann is vanjaar verkies tot die Limpopo-span. Foto: Herman Steyn