GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Die Q4-rolbal­span van Mook­gophong was van­jaar die wen­ners van die besig­heids­liga­toer­nooi. Die toer­nooi is deur die Naboom­spruit-rolbal­klub gereël en aange­bied. Sake­onder­nemings kon spanne inskryf en op gesel­lige wyse mekaar die stryd aansê. Op die foto is Jandré Venter, Ray­mond du Plessis, Annerie Venter en Ruan Venter van die Q4-span.

 

Hoërskool Nylstroom se eerste netbal­span het op Saterdag 11 Mei teen Hoër­skool Frikkie Meyer op die Nylies se tuisveld te staan gekom. Hoewel Frikkie Meyer se span die wedstryd gewen het, het Stefni-Ann Fourie van die Nylies steeds haar bes gegee en was elke bal vir die Nylies ’n moontlike doel. Stefni-Ann is vanjaar verkies tot die Limpopo-span. Foto: Herman Steyn

Support local journalism

Add Die Pos as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button