Die leerders van Bosveldspruitjies Kleuterskool in Bela-Bela het hul ma’s verlede naweek op Moedersdag bederf. Hulle het vir Die Pos vertel hulle maak vir hul ma’s kaartjies en beplan allerhande ander verrassings. Op die foto wys die klomp leerders hoe hulle hul ma’s ná aan die hart dra.