CrimeNews

Booswigte breek by polisiekaptein se huis in

Boos­wigte het die afge­lope week die verme­tel­heid gehad om selfs by ’n polisie­kap­tein se huis in die Bos­poort-omge­wing in te breek.

Die polisie vermoed dat dieselfde boewe, wat iewers tus­sen Sa­ter­dag en Son­dag (11-12 Mei) by kapt. Em­sie Roux van die Be­la-Be­la-po­li­sie se huis inge­breek het, reeds ge­ruime tyd in die omge­wing doenig is.

Hulle het tal­le waar­de­vol­le i­tems ge­steel terwyl sy nie tuis was nie.

Roux het by na­vraag ge­sê sy is Son­dag in­ge­lig dat twee ver­dag­tes by huise naby hare pro­beer in­breek het, maar on­suk­ses­vol was. Sy ver­moed dat dit die­self­de ver­dag­tes is wat haar eien­dom ge­tei­ken het.

“Hul­le het die dief­we­ring by een vens­ter oop­ge­buig son­der om ’n ruit te breek en het só toe­gang tot die huis verkry. Hul­le het pro­beer om my wa­pen­kluis met ’n swaar stuk staal oop te breek, maar kon dit nie reg­kry nie,” het sy ge­sê.

Hulle is onder meer weg met ’n skoot­re­ke­naar, skoe­ne, par­fuum, sel­foon­toe­stel­le, kle­re en ’n sel­foonsim­kaart.

“Dit is vreemd dat hul­le die kos, win­ters­kle­re, my ver­loof­ring en werk­sel­foon ge­los het,” het sy ge­sê.

Sy het reeds ’n saak van in­braak en dief­stal by die po­li­sie ge­o­pen.

  • Na­tasja Kemp van die Bos­poort-buurt­wag het ge­sê inwoners kla deesdae oor misdaad in dié buurt en talle mense het gevra om op die buurt­wag se nood­groep ge­plaas te word. Die groep se doel is om voor­val­le en ver­dag­te ak­ti­wi­teite aan te meld.

“Men­se is steeds onder die wanindruk dat hul­le net hul klagtes op dié WhatsApp-groep kan plaas en dat dit deur ie­mand an­ders op­ge­los sal word. Intussen is hulle on­­wil­lig om aan pa­trol­lies deel te neem of by die Plaas­li­ke-re­ak­sie­span (die RSRT-buurt­wag) in te ska­kel om die mis­daad­pro­bleem te help op­los,” het sy ge­sê.

“Ons moet almal saam­staan om ons omge­wing te beveilig.”

Kemp en Roux het albei gesê mis­daad in die om­ge­wing styg sodra daar iewers in die omge­wing gebou word.

’n Ander probleem is die baie leë erwe in die omgewing. “Dit gee verdagtes die geleentheid om ongesiens rond te sluip en die omge­wing te bespied,” het Kemp ge­sê. Tal­le eie­naars het volgens haar ook gekla dat hul hei­nings die afgelope tyd be­ska­dig is.

“Statistieke wys dat die mees­te in­bra­ke in die vroe­ë og­gend­u­re plaasvind wan­neer men­se diep slaap,” het Kemp gesê.

Kemp gaan eersdaags op kraam­ver­lof, maar is steeds be­skik­baar vir men­se wat ver­dag­te ak­ti­wi­teite wil aan­meld of by die buurt­wag in­ska­kel. Inwoners kan intussen vir Ja­nes Bos­hoff by tel. 072 492 7087 bel om voorvalle aan te meld.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Die Pos as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button