CrimeNews

Sewe verdagtes op vlug ná ontsnapping

Se­we ver­hoor­af­wag­ten­de ge­vange­nes is op vrye voet na­dat hul­le uit die aan­hou­ding­sel­le by die Mo­di­mol­le-po­li­siestasie ont­snap het.

Die mans het op Sa­ter­dag 11 Mei on­ge­veer 20:00 na hul vry­heid ge­hard­loop na­dat hul­le vol­gens kol. Moat­she Ngoe­pe, pro­vin­sia­le woord­voer­der, ty­dens ’n roe­ti­ne­be­soek van ’n po­li­sie­be­amp­te ont­snap het.

Ontsnapte nommer 1: Sel­lo Ren­ga­ne (35) is een van die se­we mans wat uit aan­hou­ding by die Mo­di­mol­le-po­li­sie-stasie ont­snap het. Renga­ne is van Bela-Bela af­koms­tig.

 

Vol­gens be­rig­te op plaas­li­ke vei­lig­heids­groe­pe het die mans koers ge­kies na die be­bos­te brak­sloot wat na­by die po­li­sie­sta­sie ge­leë is. ’n Groot­skeepse soek­tog tot laat­nag het ge­volg, maar die mans het die po­li­sie ont­glip.

Die Pos het ver­neem dat ’n po­li­sie­beamp­te me­di­ka­sie vir die ont­snap­tes ge­neem het toe hy deur hul­le oor­rom­pel is.

Die ont­snap­tes is Po­la­no Nde­be­le, Tha­pelo Mel­lo en Them­ba Ncube wat in heg­te­nis ge­neem is vir die oor­tre­ding van die wet op plof­stow­we, Sel­lo Ren­gane wat in heg­te­nis ge­neem is op ’n klag van ver­krag­ting, Mpho Obvious Le­se­se en Ken­neth Shu­ma, wat in aan­hou­ding was vir ge­wa­pen­de roof en Ka­zen Dlu­wayo wat in heg­te­nis ge­neem is vir huis­roof. Teen druktyd was nie­mand nog aan­ge­keer nie.

“Die om­stan­dig­he­de wat daar­toe ge­lei het dat die mans ont­snap het, word deur die po­li­sie on­der­soek,” het Ngoe­pe ge­sê.

Altesame 13 ver­hoor­af­wag­ten­des het in Maart 2016 ook uit dié aan­hou­ding­sel­le ont­snap na­dat hulle die ver­sterk­te maas­draad van die oe­fen­lo­kaal oop­gedwing het. Die mans het ook brak­sloot toe gehard­loop. Van dié ont­snap­tes is weer aan­ge­keer.

Eni­geen met in­lig­ting kan kapt. Richard Bo­sho­ma­ne by tel. 079 894 5501 of hul naas­te po­li­sie­sta­sie ska­kel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button