Local sportSport
Heerlike gholfdag vir boere
Die Tuinplaas-boerevereniging nooi alle veteraan- en amateurgholfspelers om op Vrydag 13 September by die Euphorbia-gholflandgoed buite Mookgophong bymekaar te kom vir ’n gesellige potjie gholf.

Chris van der Merwe, organiseerder, het gesê die dag word gereël om geld vir die boerevereniging in te samel. Dit sal hulle in staat stel om die boeresaal in Tuinplaas op te gradeer.
Die doel van die opgradering is om hul jaarlikse geleenthede soos die Oesfees en tarentaaljagbyeenkomste uit te brei en besoekers by beter geriewe te ontvang en te onthaal.
Lekker pryse kan gewen word na afloop van die gholfdag, het Van der Merwe gesê.
Die sluitingsdatum vir spelers wat wil deelneem, is Vrydag 30 Augustus.
Vir navrae en inskrywingsfooie kan mense vir Van der Merwe ’n e-pos stuur na chrisvandermerwe3@gmail.com of vir Janus Schmidt by janusschmidt@yahoo.com(.)



