NewsSchools

Skoolmeisies ingelig oor gevaar van mensehandel

Meisies van die Euphorbia Christelike Onafhanklike skool in Mookgophong is op Dinsdag 7 Mei bewus gemaak van die gevare van mensehandel en kinderontvoering wat wêreldwyd, en veral in Suid Afrika, aan die toeneem is.

Elke meisie het tydens die inligtingsessie, wat deur Suzie Burger van Mookgophong aangebied is, ’n handgebreide poppie ontvang wat Burger self gebrei het. Die poppies beeld de idee uit dat elkeen handgemaak deur God en kosbaar is.

Burger het in 2009 ’n opleidingskursus in Polokwane gevolg wat deur Corringe Sundenberg van die “Stop Human Trafficking-” organisasie aangebied is. “Ek het as afgetrede onderwyser besef dat ek graag by die bewusmaking teen hierdie misdaad betrokke wou raak, veral voor die 2010-wêreldbekersokkertoernooi wat hier plaasgevind het. Kinders en veral seuntjies is gelok om kastig baljoggies te wees, maar is dan aan mensehandel blootgestel,” het sy gesê.

Burger het gesê statistieke dui daarop dat daar gemiddeld een kind elke ses uur in Suid-Afrika wegraak. Sy raai ouers aan om elke drie maande ’n foto van hul kinders te neem, want indien ’n kind wegraak, is dit belangrik om ’n onlangse foto te hê. Sy het ouers ook gemaan om nie kinders alleen in winkelsentrums of parke te laat nie en om kinders te leer om om hulp te roep as hulle bedreigd voel.

Ouers kan hulle kinders registreer by www.missingkids.co.za en indien ’n kind wegraak, kan die netwerk binne minute gemobiliseer word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button