Local newsNews

Magrietjies hou ’n uithalermakietie

Die Magrietjies-kankerondersteuningsgroep in Mookgophong het op Saterdag 4 Mei ’n heerlike koffieoggend in die NG-kerksaal in die dorp gehou met bekende sanger Chris Coetzer as gaskunstenaar.

Ds. Louis Pretorius, plaaslike leraar, het die oggend met skriflesing en gebed geopen, waarna Coetzer weggeval het met ’n pragtige weergawe van die immergewilde “The Rose”.

Toeks Erasmus, bekende inwoner van Mookgophong, het gesê Coetzer se fluweelstem en sy inspirerende boodskap van “Ek is!” het die gehoor aangeraak.

Hy het die program afgesluit met ’n hartroerende vertolking van die bekende lied “Houtkruis”.

Die Magrietjies het hul hulpfonds met dié suksesvolle oggend met R18 577 versterk. Die organisasie is afhanklik van bydraes en donasies om hul werksaamhede te verrig.

Die Magrietjies bied ondersteuning aan kankerpasiënte.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Die Pos as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button