CrimeNews

Skok ná bekende kerklid se skietdood

’n On­be­ken­de man met ’n klap­mus oor sy kop het glo vanuit die niet op die groep af­ge­storm en op hul­le los­ge­brand.

Die Be­la-Be­la po­li­sie ver­moed dat die moord op ’n in­wo­ner van die Bela-Bela-township op Don­der­dag 16 Mei verband hou met die aan­hou­den­de struwelinge tus­sen le­de van die plaas­li­ke International Pentecostal Holiness Church (IPHC).

Dit is volgens die polisie die twee­de voor­val waarby le­de van dié kerk betrokke is.

Sers. Frans Ma­pon­ya, Be­la-Be­la-po­li­sie­woord­voer­der, het aan Die Pos ge­sê Lepu Abel Matlanga (43) is koel­bloedig doodgeskiet.

Matlanga het glo op die dag van sy dood saam met drie an­der mans voor sy spa­za­win­kel in Uit­brei­ding 8 in die town­ship ge­sit en gesels.

’n On­be­ken­de man met ’n klap­mus oor sy kop het glo vanuit die niet op die groep af­ge­storm en op hul­le los­ge­brand. Mat­lan­ga is raak­ge­skiet waarna die skieter op die vlug geslaan het.

“Hy het op die toneel aan sy beserings beswyk,” het Ma­pon­ya ge­sê.

’n Saak van moord word on­dersoek.

  • Die Pos het in Maart be­rig oor ’n skiet­voor­val in die Ra­dium-omgewing waar­ty­dens ’n persoon ge­wond is.Die po­li­sie het des­tyds ge­sê die voor­val hou verband met ’n geskil onder lede van die IPHC oor die eie­naar­skap van die grond waarop die kerk gevestig is

    Niemand is nog in verband met enige van die twee voorvalle in ­heg­te­nis geneem nie, het Ma­pon­ya ge­sê.

    E­nig­ie­mand met in­lig­ting oor die voor­val in Uit­brei­ding 8 kan vir AO An­dré van de Ven­ter bel by tel. 014 736 9713 of by tel. 083 604 1673.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add Die Pos as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button