CrimeNews

Polisie lê beslag op dwelms, geld en spuitnaalde

Die drie po­li­sie­kon­sta­bels wat ver­le­de week in Die Pos ver­skyn het nadat hul die vorige week verdagtes in besit van dwelms betrap het, het op Vry­dag 17 Mei weer ’n deur­braak ge­maak.

Kon­stabels Le­tha­bo Ke­ka­na, Chris Ma­la­pa­ne en Tha­bo Ma­shia­ne van die Be­la-Be­la-po­li­sie se mis­daad­voor­ko­mings­een­heid het twee ver­dag­tes, on­der­skei­de­lik 35 en 40 jaar oud, met 62 sak­kies nyao­pe (’n sa­me­stel­ling van dag­ga, he­roïen en huis­hou­de­li­ke pro­duk­te), kon­tant en spuit­naal­de in Zuma View, langs die trein­spoor, vas­ge­trek, het sers. Frans Ma­pon­ya, po­li­sie­woord­voer­der, aan Die Pos ge­sê.

’n Kon­doom is ook by hul­le ge­vind wat volgens Maponya vermoe­delik deur dwelmge­bruikers gebruik word om bloedtoevoer na hul arms af te bind wan­neer hul­le hulself met dwelm­middels in­spuit.

Die ver­dag­tes is Be­la-Be­la-in­wo­ners en sal bin­ne­kort in die Be­la-Be­la-land­dros­hof verskyn op aan­klag­te van die be­sit en die ver­sprei­ding van dwelms.

“Ons moet die dwelm­pro­bleem in ons ge­meen­skap doelgerig en sonder ophou vasvat. Dié in­heg­te­nis­na­me is ’n stap in die reg­te rig­ting,” het Ma­pon­ya ge­sê.

Die ver­dag­tes is steeds in aan­hou­ding.

Intussen het die Be­la-Be­la-po­li­sie, re­ser­vis­te en le­de van die ge­meen­skap­po­li­sië­rings­fo­rum (GPF) tus­sen Vry­dag 17 Mei en Maan­dag 19 Mei hul eie misdaadvoorkoming o­pe­ra­sie ge­hou om kwaad­doe­ners in die om­ge­wing aan te keer.

Ma­pon­ya het ge­sê ongeveer 100 ver­dag­tes is dié na­week aangekeer weens onder meer die gebruik van alkohol op straat, dronk­be­stuur en pros­ti­tu­sie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button