Local newsNews

Brand­ver­bod tree vroe­ër in wer­king

Die ver­bod op die maak van oop vu­re in die Be­la-Be­la-om­ge­wing tree amp­te­lik op Vrydag 31 Mei in wer­king.

Die be­sluit is deur le­de van die ver­skil­len­de brand­sek­to­re, as­ook die Be­la-Bela­brand­be­sker­mings­ver­e­ni­ging, ge­neem na­dat en­ke­le veld­bran­de in die Wa­ter­berg-omgewing voorgekom het. Die reën­sei­soen het ook vanjaar vroe­ër as nor­maal­weg geëin­dig terwyl tem­pe­ra­tu­re steeds bo­gemiddeld warm is.

Die na­sio­na­le brand­be­heer­wet ver­eis dat grond­eie­naars jaarliks brand­ba­ne ­om hul­ eien­dom­me moet maak in die tyd voordat die nu­we brand­ver­bod aangekondig word. Vorige jare is dié verbod eers teen einde Junie ingestel.

Grond­eie­naars kan tans slegs brandbane met behulp van me­ga­nie­se of che­mie­se ma­nie­re maak, het Ar­naud Le Roux van die brand­be­sker­mings­ver­e­ni­ging ge­sê. Hy beklemtoon dat die tydperk om voorbrande te maak, verstryk het.

Le­de van die Ba­viaans­berg-brand­sek­tor het op Sa­ter­dag 25 Mei ver­skil­len­de eien­dom­me bui­te Be­la-Be­la be­soek en die stan­daard van die eien­dom­me se brand­ba­ne onder­soek, het Le Roux ge­sê.

“Die doel daarvan was om le­de van die brandbeskermingsvereniging op hoogte te hou van die liggings van brand­ba­ne en toegangs­roetes indien brande onverwags uitbreek.

Kaar­te van el­ke eien­dom word ook deur mid­del van sel­foon­toeps aan die le­de be­skik­baar ge­stel.

“Ons stel die in­spek­sies en verkryging van kaar­te voor, want dit is ty­dens sul­ke ge­leent­he­de dat grond­eie­naars me­kaar raad kan gee en mekaar beter kan leer ken.”

Die brand­be­sker­mings­ver­e­ni­ging be­oog om in Ju­lie ’n in­lig­tings­dag by die Son­de­la-na­tuur­re­ser­vaat te hou waar grond­eie­naars hul wer­kers kan laat op­lei om bran­de te be­stry, het Le Roux ge­sê. Die grond­eie­naars woon die in­lig­ting­ses­sie by ter­wyl die wer­kers deur le­de van die pro­vin­sia­le Working on Fire-groep op­ge­lei word.

Hoewel die da­tum nog nie gefinaliseer is nie, word alle grondeienaars nou reeds vrien­de­lik ge­nooi om dit by te woon, het Le Roux ge­sê. Hou Die Pos dop vir die datum.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button