EntertainmentLifestyle

Nóg ’n Sonskyndorper skitter op The Voice se verhoog

So­né Jou­bert (26), wat in Be­la-Be­la groot­ge­word het, is die tweede Sonskyndorper wat gehore regop laat sit in M-Net se gewilde sangprogram The Voice.

Sy is ’n oud­leerder van Laer­skool én Hoër­skool Warm­bad.

Die musiek­onderwyser Jo­han “Fat­man” Brüm­mer het die land aan sy voete gehad toe hy in ’n vorige seisoen van dié program tot die finale ronde deurge­dring het.

Die sanger Ria­na Nel, een van die beoordelaars in The Voice, het Joubert vin­nig op­ge­raap ty­dens die “geheime op­trede”, waar beoorde­laars nie die sangers kan sien nie. Sy het die lied Vier sei­soe­ne kind van Gian Groen gesing. Die ander be­oor­de­laars is sang­ers Fran­cois van Coke, Lira en Riky.

Jou­bert het aan Die Pos ge­sê sy neem al van 11-jarige ouderdom aan kom­pe­ti­sies soos die Suid-Af­ri­kaan­se kam­pioen­skap vir uit­voe­ren­de kuns­te en kom­pe­ti­sies in A­me­ri­ka deel.

Mar­ga Roos, sang­af­rig­ter van Encore Studio’s in Bela-Bela, het haar jare lank afgerig. Daar­na het sy saam met sang­er Tom­my Dell ge­werk, as­ook saam met Ben E­loff.

Joubert was vroe­ër deel van die sang­groep Dolce Chix saam met San­li Bo­tha (oud-Ny­lie), Jeane Al­berts (oud-Warrie) en Co­ba Dra­per (oudleer­der van die Wa­ter­berg­skool vir CVO in Modimolle).

Haar ma, Jua­ni­ta Jou­bert, wat lank by die Be­la-Be­la-p­oli­sie be­trok­ke was, praat met lof van haar dog­ter.

Jou­bert woon tans in Gor­dons­baai en werk by Ebervet Vetshop in Lion Square in So­mer­set-Wes.

“Ek is deur Ma­lie Kel­ly raak­ge­sien na­dat sy na my video van die lied­jie I’ll be there van Jess Glynne ge­kyk het. Sy het my ge­kon­tak en ge­vra of ek aan The Voice wil deel­neem,” het sy ge­sê.

“The Voice is a­sem­ro­wend. Die on­der­vin­ding om deel van so ’n groot pro­duk­sie te wees, slaan my a­sem weg. Ek ge­niet el­ke oom­blik daar­van en ek leer el­ke dag.”

Dit was vir Jou­bert ver­al lek­ker om ty­dens die laas­te uit­sen­ding saam met be­ken­de sang­er Jo Black te werk wat haar help slyp het vir haar optrede.

The Voice word el­ke Son­dag om 17:30 op DSTV-ka­naal 101 uit­ge­saai. Luisteraars stem vir hul gunstelinge. Men­se kan op The Voice SA se web­tuis­te of deur die The Voice SA se toep vir die sangers stem.

Om vir Jou­bert te stem, moet men­se haar deel­ne­mer­nom­mer, 17, na tel. 33962 SMS.

El­ke SMS kos R1,50 en men­se kan tot 100 keer stem.

“Ek wil graag ’n verskil in die Af­ri­kaan­se mu­siek­be­dryf maak,” het Joubert gesê.

Support local journalism

Add Die Pos as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button