Hoërskool Nylstroom is baie trots op dié twee gr. 12-leerders Kaiden Barthram en Lydia Mothapo. Hulle het vir die derde agtereenvolgende jaar gekwalifiseer om Limpopo by die ATKV-redenaars se nasionale ronde te verteenwoordig. Die kompetisie vind vanjaar op Vrydag 2 Augustus by Goudini Spa in die Wes-Kaap plaas. Kaiden neem deel in die afdeling vir Huistaal: Voorbereid en Lydia in die afdeling Addisionele Taal: Onvoorbereid.
Dié leerders van Hoërskool Warmbad se musieksentrum, en die sentrumhoof, Hannalie Kriek, se name verskyn op die ererol van Unisa-uitblinkers. Kriek se naam is op die ererol geplaas danksy die puik uitslae wat haar leerders behaal het. Voor op die foto is Suzanne van der Linde (99%), Mizelle Groenewald (96%), Annelie van der Linde (100%) en René Jooste (98%). Agter staan Dominique Nortjé (95%), Hannalie Kriek (sentrumhoof) en Marijke Vosloo (97%).