Local newsNews

Genoeg is nou genoeg, sê TLU SA oor plaasmoorde

“Die nasionale moord­syfer van ongeveer 53 mense per dag is onaanvaar­baar.”

Die aansienlike toename in plaas­aan­valle en moorde sedert 2012 — en veral ná die onlangse ver­kiesing — is vir TLU SA ’n groot bron van kommer.

Volgens Henry Gelden­huys, adjunkpresi­dent van die Trans­vaalse Land­bou-unie (TLU SA), is dié toedrag van sake, veral in ag genome die gepaard­gaande “barbaarse marte­ling van slag­offers”, skrik­wekkend.

“Die nasionale moord­syfer van ongeveer 53 mense per dag is onaanvaar­baar,” lui ’n verklaring van TLU SA. “Daar was in Mei alleen 46 aan­valle en sewe moorde op plase. Junie het skaars begin of daar was reeds vyf aan­valle en een moord op plase en hoewes. Dorpe en stede se statis­tiek is nie hierby inge­sluit nie,” het Gelden­huys gesê.

TLU SA loods in die verkla­ring ’n strie­mende aanval op die regering en polisie wat volgens hulle nie die “onverklaar­bare oorlog­voering teen land­bouers” stop­sit nie.

“Daar word daag­liks van politieke verhoë uit­sprake gemaak dat boere die grond waarop hulle kos vir alle inwoners van Suid-Afrika produ­seer, gesteel het. Pres. Cyril Ramaphosa en die kabinet swyg egter oor die aan­valle en moorde wat onver­poosd voortgaan.”

TLU SA doen voorts ’n ernstige beroep op die rege­ring om binne die volgende maand met ’n doel­treffende en werk­bare oplossing vorendag te kom.

Die organi­sasie het ’n beroep gedoen op alle landbou-organi­sasies, inset­ver­skaffers, veilig­heids­maat­skappye en almal betrokke by lande­like veilig­heid om druk op die regering en hul strukture uit te oefen sodat dié kwessie aandag kan geniet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button