CrimeNews

Phagameng-man weer voor oor ‘hondegevegte’

Die saak teen die 29-ja­ri­ge Ma­di­ba Hof­ney Ma­lu­le­ka, wat aan­ge­keer is op ver­skeie klag­tes van die­re­mis­han­de­ling, is uit­ge­stel tot Dins­dag 9 Ju­lie.

Ma­lu­le­ka het op Vry­dag 31 Mei in die hof in Mo­di­mol­le ver­skyn. Hy is in April by sy huis in Pha­ga­meng in heg­te­nis ge­neem op 12 klag­tes wat ver­band hou met hon­de­ge­­veg­te en wreed­heid teen­oor die­re, asook die on­wet­ti­ge be­sit van wild.

Die die­re­be­sker­mings­ver­eni­ging (DBV) het beslag gelê op 22 hon­de, mees­tal pit­boe­lter­riërs, bul­ter­riërs en boer­boe­le, drie skil­paaie en drie var­ke op sy eien­dom. Die om­stan­dig­he­de waar­in die die­re ge­vind is, is as “on­ge­sond” be­skryf.

Die DBV het ná die klopjag aan Die Pos beweer die hon­de het dui­de­li­ke te­kens getoon dat hul­le in ge­veg­te ge­bruik is en dat daar met hul­le ge­jag is.

Ty­dens Ma­lu­le­ka se eers­te ver­sky­ning is hy op borgtog van R3 000 vry­ge­laat, met streng voor­waar­des dat hy nie be­trok­ke mag wees by eni­ge spel waar­in die­re ge­bruik word nie, spe­si­fiek hon­de­gevegte of jag­tog­te.

’n Aan­tal in­wo­ners het die hof­saak by­ge­woon uit pro­tes teen hon­de­ge­veg­te.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button