CrimeNews

Misdaad noop inwoners om buurtwag te laat herleef

Mis­daad het inwoners van die Nood­hulp-om­ge­wing bui­te Be­la-Be­la genoop om hul buurt­wag te laat herleef.

Veral sake van dief­stal en saak­be­ska­di­ging in Nood­hulp is die afgelope tyd by die Be­la-Be­la-po­li­sie aan­ge­meld.

Inwoners het op Sa­ter­dag 1 Ju­nie ’n ver­ga­de­ring by Peet se Pad­stal belê om die Nood­hulp-buurt­wag, wat ge­rui­me tyd nie meer baie aktief is nie, te laat her­leef.

Ko­bus Ja­cobs is na af­loop van die ver­ga­de­ring as buurt­wag-voor­sit­ter aangewys. Smi­ley Coet­zer is as on­der­voor­sit­ter aangewys en Bel­lin­da Coet­zer as se­kre­ta­res­se.

Ja­cobs het by na­vraag ge­sê hul­le is in die pro­ses om ’n be­stuurs­plan saam te stel oor pa­trol­lies en hoe le­de be­trok­ke kan raak. Die bestuursplan sal ook die reëls van die buurt­wag be­vat, het hy ge­sê. Die amp­te­li­ke buurt­wag­stig­ting sal op Sa­ter­dag 13 Ju­lie om 15:00 by Peet se Pad­stal plaasvind.

“As elke inwoner sy of haar eie ge­bied bevei­lig, strek dit tot die hele gebied se voor­deel,” het hy ge­sê.

Vir na­vrae of om deel te word van die buurt­wag, bel vir Ja­cobs by tel. 082 923 2070 of vir Frik Cloe­te by tel. 082 951 6278.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button