Spelers van die Nylstroom-rolbalklub het as naaswenners van die toernooi uitgetree. Op die foto is Tiaan Peens (borg), Roelf Crous, Rodney Robinson, Judy Broodryk en Helen West. Die Nylstroom-span was slegs twee punte agter die wenners met 20 punte.
Altesame 18 spanne van regoor die land het aan dié toernooi in Bela-Bela deelgeneem.
Die Warmbad-klub het bewys dat hulle nie net goeie gashere is nie, maar ook mededingende spel kan lewer en het die toernooi gewen.
Dié spelers van die Warmbad-rolbalklub het as wenners van die wintertoernooi uitgetree. Op die foto is Stephanie Vermeulen, president van die Warmbad-klub (voor). Agter is Tiaan Peens (borg), Ernest du Plessis, Tollie en Marliza Venter en Lochner Mudge.