NewsSchools

Só onthou Die Pos se lesers hul gunstelingkinderboeke

“Ek het my ma se boek ge­steel en skelm Dinge van ’n Kind van Ma­ri­ta van der Vy­ver ge­lees. Ek was st. 5 (gr. 7) en het my dood­ge­skrik. Bes­te tye!”

Die Pos se le­sers is beslis lief vir boe­ke en die ver­beel­dings­wêrel­de wat lees ont­sluit.

Dít het ons agter­gekom toe ons verlede week in ons weeklikse Vraag van die Week op Face­book gevra het watter kinder­boeke vir ons lesers mooi herin­neringe inhou.

Ons lesers het behoor­lik laat waai met die ant­woorde. Dié vraag het selfs ons personeel­lede steeds aan die praat.

My eie twee gunste­ling­boeke uit my kinder­jare was Twee vir ’n Stuiwer en Oupa Landman se viool. Ek en my broer is al dekades lank op soek na dié twee. Ons loop kerk­basare, tweede­handse winkels, stalle­tjies en aller­hande stow­werige boek­rakke plat op soek na dié twee boeke. Ek bly glo hulle gaan nog eendag, onver­wags, in my hand spring.

Kei­na Swart, re­dak­teur van Die Pos en skry­wer, vertel sy het in gr. 3 (des­tyds st. 1) die boek Skrik kom Huis Toe van Dolf van Nie­kerk ge­wen. “Die boek het my ge­fas­si­neer en ek wou op­sluit ook met dui­we be­gin boer na­dat ek dit ge­lees het. Ek het my ook ver­beel nie­mand ver­staan my nie, nes die hoof­ka­rak­ter in die boek. Dit was vir my baie spe­siaal toe Van Nie­kerk de­ka­des la­ter ­hoor hoe sy boek my geïn­spi­reer het, en vir my ’n ge­te­ken­de ek­sem­plaar van Skrik kom Huis Toe met ’n bood­skap voorin ge­stuur het.”

Rie­kie du Plessis was die wen­ner van Die Pos se Facebook-uitdaging. Sy het die vol­gen­de oor haar gun­ste­ling­boek as kind te sê ge­had: “Die bes­te boek wat ek as kind, en ook weer as vol­was­se­ne ge­lees het, was Twee vir ’n Stui­wer. Daar is ook nog Brol­loks en Bit­ter­gal. Ai, ek het nog steeds ’n ko­pié van dié boek en dit is baie be­lang­rik in my be­skeie ver­sa­me­ling.”

Denise Ed­wards het ge­skryf: “Ek het baie jonk reeds be­gin lees. Ek dink die boe­ke wat die groot­ste indruk op my ge­maak het, was die Trom­pie- en Saar­tjie-reek­se. My eers­te groot­mens­boek was So­mer van die Wens­fon­tein van M. Stry­dom op die ouder­dom van om­trent 10 jaar. Ek kan ont­hou my ma moes nog des­tyds spe­sia­le toe­stem­ming by die bi­blio­teek gee dat ek die boe­ke mag uit­neem! En se­dert­dien is ek ver­slaaf aan lees.”

Ste­pha­nie Schil­bach het ge­skryf: “In my skool­dae het ons nie blok­tyd tydens ek­sa­mens ge­kry nie. Ek het ge­du­ren­de my gr. 7 Ju­nie-ek­sa­men skelm Plek­kie in die Son van Ena Mur­ray in die klas ge­lees. Ek het my hart en siel uit­ge­huil, tot groot ver­ba­sing van my on­der­wy­ser.”

Jo­lene Nel se gun­ste­ling­skry­wer was Ena Mur­ray. “Ek het skelm on­der my kom­bers ge­lê en boek­lees as ek reeds moes slaap.”

Jua­ni­ta Bui­ten­dag het ge­bieg: “Ek het my ma se boek ge­steel en skelm Dinge van ’n Kind van Ma­ri­ta van der Vy­ver ge­lees. Ek was st. 5 (gr. 7) en het my dood­ge­skrik. Bes­te tye!”

Ina Hech­ter skryf: “My gun­ste­ling­boe­ke was die Saar­tjie-, Bien­kie- en Maas­dorp­reek­se, Joof en sy maats, Trom­pie en die Uile. Ek het baie daarvan oor en oor ge­lees. My dog­ter is nou 10 en sy lees nou reek­se wat ek as kind ge­lees het … ek lees dan som­mer weer saam.”

Es­te du Rand deel ’n lek­ker her­in­ne­ring: “Die eers­te boe­ke wat ek kan ont­hou, was Kin­ders van die wêreld. My oupa het al­tyd vir my daar­uit ge­lees. El­ke land het ’n boek ge­had met kin­der­sto­ries. Soos Suid-Afri­ka se bekende Ra­chel­tjie de Beer. Ons het ure saam ge­lees. Ek het na­der­hand die sto­ries uit my kop ge­ken, maar lees moes Oupa lees.”

Lize Schle­busch skryf: “Ek was mal oor die Jas­per-reeks, asook Secret 7. Op hoër­skool was Kringe in die Bos vir my on­ge­loof­lik. Ek het dit drie maal ge­lees. Tus­sen Sta­sies van Ir­ma Jou­bert is die re­de dat ek wis­kun­de ge­druip het.”

Wi­llem van der West­hui­zen se gun­ste­lingskry­wer was Karel Kiel­block. “Nadat ek Die skat van Java, ’n see­ro­wer­boek ge­lees het, wou ek met al­le mag ’n see­ro­wer word.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Die Pos as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button