
Leser, Modimolle, skryf:
Met boomplantdag op die horison kan mense dit gerus oorweeg om vanjaar ’n sitrusboom te plant.
Haal daardie struik wat jaarliks blare verloor nou al uit en plant ’n vrugteboom waarvan ’n mens die vrugte kan geniet. Maak seker dit is ’n sterk plant wat in ’n houer gevestig is. Plant gerus ’n gladdeskil suurlemoen, pitlose nartjie of karakara nawels.
Sitrusbome is nie-bladwisselend, immergroen en die vrugte is goed vir die winter. Onthou dit is gevoelig vir ryp in die winter. Moedig ook sommer die bure aan om ’n ekstra nartjieboom te plant.
In Bosveldsig in Modimolle groei die jaarlemoen-, karakara-, nartjie-, suurlemoen- en koemkwatbome baie mooi!



