Local newsNews

Groot blydskap ná aasvoël vrygelaat is

Die vreugdesvure het vandag op 27 Junie op Sondela Natuurreservaat buite Bela-Bela hoog gebrand met die vrylating van ’n Kaapse aasvoël terug in die natuur.

Dié aasvoël is vroeër hierdie maand op 5 Junie vergiftig in die veld op Sondela opgetel.

Sondela Wildlife Centre vir die rehabilitasie van wilde diere het die aasvoël versorg en hy het so goed herstel dat hy vandag gereed was om vrygelaat te word.

Die Kaapse aasvoël is ’n bedreigde spesie en die getalle van dié voëls krimp jaarliks.

Lesley Barnard van Die Pos was daar om al die aksie op video vas te lê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button