Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in en om die Waterberg?

Warmpatat: Ga­wie Rich­ter van Modi­mol­le skryf dat dié tra­lie­werk op die hoek van Nel­son Man­dela- en Chris Hani­straa­t voor Spar vir baie in­wo­ners se­ker ’n raai­sel is. “So­wat 100 jaar ge­le­de, voor die koms van mo­tors, was dit die af­saal­plek van per­de­rui­ters. Die tooms van die per­de is om die pen­ne ge­haak en die rui­ters kon in­ko­pies by Bak­kers-ap­teek en Drogis doen. Die Ger­rit Bak­ker-ge­bou da­teer uit die jaar 1910 en is ’n his­to­rie­se ge­bou, hoe­wel daar baie ver­an­de­ringe aan­ge­bring is.”

 

Mense wat graag winskopies raakloop, kan gerus elke laaste Vrydag van die maand ’n draai maak by die Hervormde Kerk in Ludorfstraat, Bela-Bela, se Ietsie van Alles-mark. Daar word huishoudelike items, klere en talle ander produkte verkoop. Die items wat te koop is, is meesal skenkings van gemeentelede. Die geld wat ingesamel word, word vir die kerk se operasionele uitgawes en dienswerk aangewend. Kopers het al aangedui dat daar ’n groot behoefte bestaan vir beddegoed en gordyne. Op die foto is ’n paar gemeentelede by van die klere wat by die mark verkoop word.

 

Wat is nou beter as ’n bietjie Vitamine C in die winter? Past. Ernst Redelinghuys van die AGS-gemeente in Vaalwater, het ’n krat lemoene as geskenk gekry en dit goed gedink om dié meevaller met die personeel van Laerskool Vaalwater te deel. Hy en sy vrou, Ansie, is geliefde inwoners van Vaalwater en staatmakers in die gemeenskap.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button